Swallow Software (Sponsored by ARK web design) * Swallow Software (Geborg deur ARK Webontwerp)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSagteware-DiensteNavraeKontak

 
Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februarie 2023

English

 

Professionele Sagteware Dienste

Swallow Software: Sagteware ontwikkeling en Ondersteuningsdienste

 

Sagteware ontwikkeling en Ondersteuningsdienste

Jou Inligtingstelsels bevat belangrike data.

In jou besigheid is die inligting krities vir jou sake.
Op jou persoonlike rekenaar is daar waardevolle herinneringe en private inligting.
Jy mag dalk 'n goeie besigheid hê, maar potensiële kliënte kan nie (voldoende) inligting daaroor vind op die Internet nie.

Verbeter jou rekenaarstelsel in betroubaarheid, sekuriteit, effektiwiteit en voordeel uit die belegging.

Ons lewer talle dienste om jou waardevolle data te beveilig, tyd en geld te spaar, jou produktiwiteit te verhoog, of jou kliënte op die Internet voldoende in te lig oor jou produkte en dienste.

Konsultasie en Sagteware Ontwikkeling

Ons Ontwerp en Ontwikkel spesiale toepassings (programme), vir jou rekenaar, bediener, intranet of Internet. Ons kan voltydse of deeltydse ontwikkeling lewer, op die perseel of andersins.

Ontwikkelings-omgewings en -produkte sluit in (gedeeltelike lys):
Databasisse: Oracle, MS SQL Server, MySQL, PostgreSQL, ens
Tale: Java, Microsoft Ontwikkelings-tegnologieë, insluitende .NET, C#, VB.NET, ens
Web-ontwikkeling: ASP.NET, PHP, IBS (Inhoud-Bestuurstelsel) ("Content Management System"), HTML, JavaScript, XML, Webwerf Soekenjins, ens
Infrastruktuur: Webbedieners, Apache Tomcat toepassingsbedieners, Reserwekopieë (Backup services), Eposbedieners, GlusterFS uitbreibare netwerk-lêerstelsel, ens
Virtualisering: KVM, Virtualbox, VMware, Linux Containers, Docker, Proxmox VE
Ander: Ansible (Outomatiese Installering en Konfigurasie), GitLab, NextCloud, Pydio, OpenCart, ens

Opgraderings

'n Verskeidenheid van voortreflike ondersteuningsprogramme is beskikbaar om jou stelsels te verbeter. In baie gevalle is hierdie programme oopbron (die kode is beskikbaar) en kan gebruik word sonder lisensiefooie, sonder aktivering, sonder registrasie. Dit mag dan ook wettiglik op 'n aantal rekenaars geïnstalleer word, sonder om enige maatskappy of inidividu in kennis te stel. Nietemin word almal goed ondersteun deur ontwikkelaarsgemeenskappe en gereelde opgraderings en weergawes. In baie gevalle werk hierdie sagteware uitstekend selfs op ouer hardeware, vir benutting met rekenaars wat andersins vervang of weggegooi sou word. (Dit is interessant om te weet dat Google op oopbron-kode bedryf word. Alle Android mobiele apparate gebruik so ook die Linux bedryfstelsel, as stabiele basis vir programme ["apps"].)

Hierdie toepassings dek die volle spektrum van rekenaarbehoeftes. 'n Kortlys van gewilde sagteware sluit in:

Virtuele Masjiene om funksionaliteit te konsolideer of verenig, met behoud van afsonderlike omgewings en bedryfstelsels, of om verouderde toepassings te ondersteun.
     
  Virtuele masjiene kan gebruik word vir jou werkstasie of bediener. Dit is prakties moontlik om 2 of 3 virtuele masjiene op 'n tafel- of skootrekenaar te gebruik, met nog meer op 'n bediener. Verskeie virtuele masjiene kan dus op een fisiese rekenaar loop, met almal dieselfde of verskillende bedryfstelsels. Verskillende weergawes van Windows, Linux, DOS, Novell Netware en Sun Solaris kan tegelykertyd op een masjien loop. Gewoonlik verkies kliënte Linux as die hoofplatform, vir die stabiliteit en prys (kan jy gratis klop?), sowel as die vermoë om doeltreffende bedienervlak-sagteware te gebruik, teen geen ekstra koste.
     
  Jou besigheid gebruik dalk 'n aantal ouer programme, wat net loop op ouer bedryfstelsels, soos Windows XP, 2000, NT, Windows 98/95, Windows 3.1/3.0 of selfs DOS. Jy wil nie die sagteware vervang nie, maar die ouer hardeware is problematies of besig om in te gee. As hierdie programme na virtuele masjiene geskuif word, gaan hulle waarskynlik heelwat vinniger loop.
     
  Jy het 'n aantal installasies op fisiese bedieners, maar hulle is meestal onder ligte las. Jy kan die behoeftes vir hardeware, energiekoste en fisiese ruimte verminder, met dieselfde sagteware in virtuele bedieners op 'n kleiner aantal fisiese masjiene, terwyl die sagteware nog steeds onafhanklik loop, soos op aparte hardeware.
     
  Virtuele masjiene kan geskuif of gekopiëer word van een fisiese masjien na 'n ander, sonder herinstallasie.
     
Outomatiese Rugsteun of Reserwekopie (backup) vir Windows en Linux, met beheer vanuit jou blaaier (browser). Die data kan vanaf plaaslike masjiene gekopieer word, of selfs veilig oor die Internet. Een geval het tans 200 TB (TeraBytes) se hoeveelheid data, wat in slegs 3 TB gebêre word. Die reserwekopie kan op een hardeskyf gehou word, met 'n identiese kopie van die data op 'n tweede hardeskyf vir ekstra voorsorg, wat te eniger tyd verwyder of weer verbind kan word. Die skywe kan ook geënkripteer word, om te verhinder dat jou kritiese en vertroulike inligting in die verkeerde hande val.
     
Gevorderde Epos-bediener beveiliging, wat gemorspos drasties verminder na so te sê nul, nog voor dit jou posbediener bereik. Dit voorkom ook misbruik van jou posbediener deur ongemagtigde partye. Jy kan dit saam met jou huidige bediener gebruik, al is dit MS Exchange, Postfix, Exim, ens. Antivirus beskerming, Sender-bevestiging, gemorsposbeheer, Bayesiaanse filters, swartlysting, witlysting, beheer met web en epos, is maar 'n paar van die talle eienskappe beskikbaar. Dit kan 'n plaaslike of 'n afgeleë installasie wees.
     
Betroubare Lêerbediener vir Windows en Linux. Hierdie Linux-gebaseerde sagteware is vinnig, nie kwesbaar vir virusse en mag ook nog vir talle ander funksies gebruik word op dieselfde hardeware. Daar is geen bediener- of kliënt-lisensiefooie nie.
     

Ons kan hulp verleen, op of weg van jou perseel, plaaslik of oor 'n afstand. Baie van ons dienste kan enige plek in die wêreld, via die Internet, gelewer word. Ons is tans gebaseer in Calgary, Alberta, Kanada.

Vir meer inligting oor hierdie en ander dienste, doen gerus navraag.

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Sagteware-Dienste
Navrae
Kontak


Werfkaart
Sitemap

SitemapWerfkaart Home/TuisUp/OpSagteware-DiensteNavraeKontak

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ADSA Advertensies

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

Kaleidoskoop

ARK Web Design © 2001 - 2023
ARK Webontwerp © 2001 - 2023

 arkpark.info

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text